Die Kwagga Tweekampatlete het weereens gewys wat in hul steek gedurende die Highgate Inter Tweekampkompetisie, deur as die algehele skole wenners van die dag aangewys te word. Hierdie is die tweede jaar wat die gesogte Hisense wisseltrofee bestaan en Outeniqua is baie trots daarop om hierdie trofee vir 2018 te kon verower.
Die atlete wat dit moontlik gemaak het is AGTER VLNR :
Gustav Schlechter en Andre Kleynhans by Mnr Christo Vorster, Skoolhoof van Hoërskool Outeniqua, Lara Schlechter, Mattias Erasmus en Lisha Collins.
VOOR VLNR : Marizyl Marais, Elize Smook, Mnr Gibson, Larize Goosen en Christiaan Hattingh.
Afwesig : Abigael Grobler.