Hoërskool Outeniqua het hul oorheersing by die skool se krieket in die provinsie bevestig toe hulle die afgelope seisoen die U-19- en U-15 Superliga-titels gewen het.
Hulle het die tweede agtereenvolgende jaar die U-15-titel gewen met Outeniqua U-15B wat ook die U15-promosie-liga gebuit het.
Die skoolhoof, mnr. Christo Vorster, ontvang hier die trofee as die Superliga-wenners van mnr. Andrew Jantjies (nie-onafhanklike direkteur) by die SWD Krieket Jaarlikse Toekenningsfunksie.