Die IMPAK portefeulje van Hoërskool Outeniqua het besluit om hierdie jaar ‘n verskil in die lewens van minderbevoorregte leerders te maak. Hulle het hande gevat met Solidariteit Helpende Hand Wes-Kaap en die projek, “Bring die hoop weer terug”, is van stapel gestuur. Die doel was om geld in te samel om vir Laerskool Herold ‘n Preprimêre klaskamer te bou.
Gedurende die Junievakansie het 16 leerders en 6 volwassenes, 525km per fiets aangepak, vanaf Herold tot in Worcester. Leerders van Laerskool Herold asook Benette Rautenbach van Solidariteit Helpende Hand het saamgetrap. Langs die pad het hulle komberse en sagte speelgoed uitgedeel en só hoop gebring aan dié wie nie so bevoorreg is nie.
By die IMPAK afsluitingsfunksie te Herold het die mooi bedrag van R161 800.00, soos ingesamel deur die fietstoer projek, sowel as Mnr & Mej Kwagga finaliste se insameling van R40 000.00, ‘n totale skenking van R201 800.00 beloop. Daar is ook ‘n fiets oorhandig aan Jay-Jay Joubert, Gr.7 leerder van Herold Laerskool wat die hele toer meegemaak het. Sestien houers klere is ook oorhandig aan Solidariteit Helpende Hand.
Die fondse gaan gebruik word om ‘n Preprimêre klaskamer vir Laerskool Herold te bou en terselfdertyd is ‘n IMPAK studiefonds gestig by Solidariteit Helpende Hand vir ‘n minderbevoorregte leerder in die omgewing.
Die IMPAK portefeulje wil graag elke individu en die Hemelse Vader loof vir alle bydraes wat van hierdie projek so ‘n reuse sukses gemaak het.
Baie dankie ook aan die volgende borge wat bygedra het tot die projek:
Piet du Toit Wildbedryf; Botlierskop; Jatro Vleismerino’s; SFM; Cat Signs; Acme Tool Hire; Ride Life en 3@1.
VLNR: Lourick Fourie, Ruben van Eck, Bianca Aucamp, Elri Neethling, Rianli Badenhorst
Ry 2: Franco Meyer, Michael du Plessis, Ruach Roux,
Claude van der Schyf, Carmi Scholtz, Nelise van Aardt, Corné Meyer, Mia Clark, Elka Scholtz, Alisha de Lange (Solidariteit Helpende Hand Wes-Kaap), Elandi Rautenbach
Agter: Le Roux Nieuwoudt, Luka Russouw, Stephan Gerber, Yvonne van As
Jay-Jay Joubert; Claude van der Schyff; Stephan Gerber
Me van Schalkwyk en Mnr Hattingh