Afrigter:
Lynette Petersen
jazz@outeniqua.co.za
Oefentye:
Maandag – Donderdag (eerste pouse)
Vrydag (14h30 – 16h45)
Borg:
Dr. Cobus Coetzee – Ortodontis
Afrigter:
Lynette Petersen
jazz@outeniqua.co.za
Oefentye:
Maandag – Donderdag (eerste pouse)
Vrydag (14h30 – 16h45)
Borg:
Dr. Cobus Coetzee – Ortodontis
Jazzorkes
2025
Lede:
Jasmin | Arries |
Daniël | Brink |
Jean | Du Plessis |
Kéyara | Fernol |
Dionéy | Janse van Rensburg |
Ryan | Munro |
Sefas | Rademan |
Inge | Schröter |
Luan | Van Rooyen |
Marnu | Van Sandwyk |
Hanno | Visser |
Janina | Winterbach |
Aktiwiteite:
Outeniqua Jazz Band skitter by Journey to Jazz-fees in Prince Albert
Die Outeniqua Jazz Band het George met trots verteenwoordig tydens die gewilde Journey to Jazz-fees in Prince Albert, wat van 1 tot 4 Mei plaasgevind het. Hierdie jaar is hulle genooi as deel van die Karoo Jazz Outreach Project, ’n inisiatief wat jong jazzmusici uit verskeie dorpe in die Suid-Kaap en Klein-Karoo bymekaarbring. Die ensemble het op verskeie verhoogplatforms uitgeblink en gehore bekoor met hul energieke en stylvolle vertolkings van Suid-Afrikaanse jazzwerke. Onder leiding van me. Lynette Petersen het die band hulself met groot professionaliteit en toewyding gedra.
Een van die mees gedenkwaardige oomblikke was die groep se deelname aan die People’s Concert, waar hulle saam met die koor van Zwartberg Hoërskool opgetree het. Hierdie samewerking het nie net musikale talent ten toon gestel nie, maar ook die verbindende krag van musiek tussen jongmense uit verskillende gemeenskappe beklemtoon.
Benewens hul optredes het die leerders ook deelgeneem aan mentorsessies en werkswinkels wat deur professionele jazzkunstenaars aangebied is. Hierdie ervarings het hulle verder toegerus met nuwe vaardighede en insigte in die wêreld van uitvoerende jazzmusiek.
Me. Petersen het haar bewondering uitgespreek vir die leerders se groei:
“Hulle het elke geleentheid aangegryp om te leer en hulself te verbeter. Ek is baie trots op hul toewyding, en op die manier waarop hulle die gees van jazz en samewerking uitgeleef het.”
2024
Lede:
Jasmin | Arries |
Henco | Bester |
Jean | Du Plessis |
Logan | Jantjies |
Ryan | Munro |
Inge | Schröter |
Ethan-John | Vaas |
Coert | Van Sandwyk |
Marnu | Van Sandwyk |
Minké | Van Zyl |
Aktiwiteite:
Die orkes het 2024 begin met ‘n oefenkamp van 11 tot 13 Januarie om voor te berei vir optredes in die eerste kwartaal. Hulle aanvaar ‘n uitnodiging om op 26 Maart op die KKNK Feesmark-verhoog op te tree. Dit was ‘n groot voorreg om ons kontrei op so ‘n belangrike nasionale verhoog te verteenwoordig. Aan die begin van die tweede kwartaal ontvang al die lede hul nuwe drag by ‘n spesiale funksie wat by Nina’s Café plaasvind.
‘n Hoogtepunt op ons kalender is die Makhanda Jazz Festival wat vanaf 24-30 Junie plaasgevind het. Logan Jantjies het vir die tweede agtereenvolgende jaar die National Schools’ Band gemaak wat hierdie jaar onder die bekwame leiding van Dr. Natalie Rungan opgetree het. Nog ‘n lid van die ensemble wat goed presteer is Marnu van Sandwyk wat as eerste tromboon-speler vir die tersiêre big band onder leiding van Shaun Johannes gekies is. Juf Petersen het ook hierdie jaar die verhoog betree as ‘n gaskunstenaar by die finale konsert van die fees.
Gedurende die derde kwartaal word juf Lynette Petersen genooi om by die South African Association of Jazz Education se jaarlikse konferensie ‘n voorlegging te doen oor die stand van jazzopvoeding in die Tuinroete-streek. Die geleentheid het by die Universiteit van Witwatersrand se Musiekskool in Johannesburg plaasgevind. Die konferensie se tema, “Suid-Afrikaanse Jazz as ‘n katalisator vir Inklusiwiteit en Kulturele Uitruiling in die Digitale Era,” beklemtoon die belangrikheid daarvan om met ander jazz-opvoedingsprogramme op ‘n globale skaal te skakel. Die reeks paneelbesprekings, dokumentêre vertonings, meesterklasse en konserte beklemtoon die ryk erfenis en ontwikkeling van Suid-Afrikaanse jazz oor die afgelope drie dekades. Daar is breedvoerig gepraat oor die probleme wat met die onderrig van jazz in Suid-Afrika kom, beide in formele en informele opleidingsprogramme, en hoe belangrik dit is om ons jazzgeskiedenis en -praktyke te dokumenteer sodat ons musiek regoor die wêreld erken kan word. Die konferensie is in persoon en virtueel bygewoon deur talle professionele persone in die musiekbedryf, kulturele praktisyns, opvoeders, tersiêre studente en jazz-entoesiaste van regoor die wêreld. Dit het uitstekende netwerkgeleenthede, interessante gesprekke en kreatiewe musiekmaaksessies moontlik gemaak.
Ons groep jong musikante het die voorreg gehad om ‘n meesterklas van professor Reggie Thomas, ensembleafrigter vir die NYO Jazz Orchestra, wat ‘n nasionale jeug-jazzorkes is wat deur The Weill Music Institute by Carnegie Hall gestig is. Hulle het ook by die afsluitingskonsert opgetree, wat die musiek van die bekende saksofoonspeler Khaya Mhlangu vereer het.
Gedurende Augustus neem die orkes aan die Rustenburg Girls’ Junior School National Ensemble Competition in Kaapstad deel. Hulle deel eerste prys in die Jazz kategorie saam met IMAD Jazz Band van Khayelitsha.
Twee ensembles neem gedurende September deel aan die Stellenbosch Universiteit Nasionale Ensemble Kompetisie. Beide ensembles word aangewys as kategorie-wenners en die orkes is verder aangewys as die algehele wenners in die Skole-afdeling.
‘n Hartlike dankie aan al ons borge en ondersteuners wat geen moeite ontsien om handjie by te sit nie.
Borge & Ondersteuners:
Dr Cobus Coetzee – Ortodontis
Moore Southern Cape
Kuyler’s Fish & Chips
Nina’s Cafe
Nation Events