Kerwin Albertus – Gr 11, is gekies om deel te neem aan die Artscape Youth Jazz Festival wat gedurende Junie plaasvind. Hierdie projek strek oor 10 weke en behels ‘n intensiewe mentor–program aangebied deur van Kaapstad se vernaamste jazz musikante onder leiding van Amanda Tiffin, ‘n dosent aan die Universiteit van Kaapstad. Die finale konsert vind plaas op 15 Junie 2018 by Artscape. Dit is die eerste keer dat ‘n jeugmusikant van die Tuinroete aan hierdie gesogte program deelneem. Ons wens Kerwin alle voorspoed met hierdie uitnemende prestasie toe!
Foto krediet: Gill Meyer Photography