MISSIE
- Die bevordering van gesproke Afrikaans by die skoolgaande jeug;
- Die ontwikkeling van leiers deur hulle voor te berei en te bemagtig vir daaglikse openbare debatvoering wat in die samelewing plaasvind.
DOELWITTE:
Die doelwit van die debatskompetisie is
om die jeug te leer om:
- aktueel betrokke te wees;
- onderskeidend en krities te luister en te lees;
- inligting te vind, te ontleed, te organiseer en te sintetiseer;
- logiese, kreatiewe denke te ontwikkel;
- eie menings en argumente te formuleer;
- met selfvertroue ander mense tot hulle standpunt oor te haal;
- leierseienskappe te ontwikkel;
- op die voete te kan dink en uit die vuis uit te kan reageer op ander persone se argumente;
- eties te leef;
- sportmansgees en
- kompetisievaardighede te ontwikkel
BEMARKING: die program word in 2014 aan die leerders gegee;
- Reël PraatSaam wat die hele skool betrek en dien as uitdun vir debatspanne en bekendstelling van debat
- Reël ‘n buite-afrigter om die spanne te hanteer
VERANTWOORDELIKE PERSOON: Mnr Leon Roets
PRESTASIETOEKENNINGS
Merietetoekenning:
Dit word gemaak aan leerders wat die skool in enige kompetisie verteenwoordig of wat in ‘n interne kompetisie onder die eerste 3 eindig.
Halfkleure:
Dit word gemaak aan leerders wat in ‘n plaaslike (dorp) kompetisie onder die eerste drie eindig, bv. George Kunstefees
Volkleure:
Dit word gemaak aan leerders in grade 10, 11 en 12 wat die Suid-Kaap in ‘n kompetisie verteenwoordig, bv. die halfeindrondtes van die ATKV-kompetisie
Junior kleure:
Dit word gemaak aan leerders in grade 8 en 9 wat die Suid-Kaap in ‘n kompetisie verteenwoordig, bv. die halfeindrondtes van die ATKV-kompetisie.
Volkleure met lourier:
Dit word gemaak aan leerders wat aan die nasionale eindrondtes van kompetisies deelneem.
Erekleure:
‘n Leerder ontvang erekleure wanneer hy/sy onder die eerste drie in ‘n nasionale kompetisie eindig.