Drama is aan die kook by Hoërskool Outeniqua. Onder leiding van Juffrou Dania Ackermann word toneelspel lewendig gehou deur deelname aan verskeie Drama kompetisies. Daar was reeds deelgeneem aan Die Prosceniumboog Toneelspelkompetisie waarvan een van ons leerders uit 680 leerders landswyd gekies is om deel te wees van ‘n toneelstuk wat opgetree sal word volgende jaar by die Suid-Oosterfees.
Die Musical wat reeds plaas gevind het, het talle Drama leerders bevat en was elke aand uitgekoop. Dit was ‘n reuse sukses.
Die volgende Drama kompetisie waaraan ons deelneem is ATKV Tienertoneel. Dit vind die 23st Augustus in Kaapstad plaas. Ons beplan om die toneelstuk vir ons dorp ook op te tree op die 20st Augustus. Hou dus advertensies dop.