Hoërskool Outeniqua se atletiek gaan van krag tot krag. Die Kwaggas het in die afgelope 3 jaar die volgende vermag by SA-Seniors, SA-Jeug en SA-Skole byeenkomste.
2016 |
2017 | 2018 |
15 medaljes | 14 medaljes |
16 medaljes |
Die volgende atlete het gedurende 2018 se SA-byeenkomste uitstekende prestasies gelewer.
SA-SKOLE:
Hanno du Plessis – goud – hamergooi – seuns 19 jaar
Meike Strydom – goud – diskusgooi – dogters 19 jaar
Meike Strydom – goud – gewigstoot- dogters 19 jaar
* Meike het by hierdie byeenkoms die SA-rekord in gewigstoot vir dogters onder 19 verbeter na ‘n afstand van 16,32m. Sy het verder gekwalifiseer om aan die Wêreldspele in Helsinki te gaan deelneem. Meike is verder na afloop van die byeenkoms aangewys as die beste veldatleet van die byeenkoms.
SA-SENIORS:
Meike Strydom – silwer – gewigstoot – dogters 19 jaar.
SA-JEUG:
Miré Reinstorf – brons – paalspring – dogters onder 18
Carmen Olivier – brons – hoogspring – dogters onder 18
Nolene van Rensburg – brons – stap – dogters onder 18
Hanno du Plessis – brons – hamergooi – seuns onder 20
Simonn Swanevelder – silwer – paalspring – dogters onder 20
Meike Strydom – silwer – diskus – dogters onder 20
Meike Strydom – goud – gewigstoot- dogters onder 20
Carmen Olivier het ‘n brons medalje verower tydens die SA-Jeug byeenkoms
Simonn Swanevelder het ‘n silwer medalje verower tydens die SA-Jeug en Skole byeenkoms.
INTERNASIONAAL
AFRIKA-SPELE 2018
Ons het vir die eerste keer vier atlete van Outeniqua wat tydens die Afrikaspele in Boksburg medaljes verower het.
Ons atlete het soos volg gevaar: Meike Strydom – goud; Hanno du Plessis – brons; Carmen Olivier – brons en Simonn Swanevelder – brons.
Meike Strydom het ‘n goue medalje in die gewigstoot verwerf.
Hanno du Plessis het ‘n brons medalje verower.
Carmen Olivier het ‘n brons medalje verower.
Simonn Swanevelder het ‘n brons medalje verwerf.
Meike Strydom, Carmen Olivier, Hanno du Plessis en Simonn Swanevelder het ons skool verteenwoordig tydens die Afrika-spele byeenkoms.
Meike Strydom en Simonn Swanevelder was in die SA-span wat aan die Afrika-spele deelgeneem het.