Die afgelope naweek het die Kwagga bergfietsryers deelgeneem aan die eerste been van die Spur-liga. Die Kwaggas het besonder goed presteer en ons is trots op elkeen wat deelgeneem het. Die leerders het in ‘n “Time Trail” formaat gery weens Covid regulasies. Leerders het dus gekompeteer om te kyk wie die vinnigste tyd om die baan kan opstel. Die goeie uithouvermoë en tegniese vaardighede van die Kwaggas het beïndruk. Hoërskool Outeniqua is tans die voorloperskool in bergfiets en die deelnemers werk baie hard.Die volgende byeenkoms vind op 31 Julie plaas.
FOTOS : Kwagga Bergfietsryers in aksie : Daniël Otto en Jaydan DuRandt het beide 1ste plekke in hul onderskeie ouderdomsgroepe verwerf.
Ruben Henning vertoon sy vernuf
Comments are closed.