Die Wes-Kaap Departement van Kultuur in samewerking met die Baxter Teater in Kaapstad, bied jaarliks ‘n kompetisie aan om drama-aanbiedings in die verskillende distrikte te bevorder. Die kompetisie het met die inskryf van ‘n oorspronklike teks begin. Monicke van der Walt (gr. 12) se teks “OUD” het na die semifinaal deurgedring.
Onder leiding van Monicke, het drie dramaleerders, David Smith en Lica Botes (gr. 12), asook Anja Goosen (gr. 11), die stuk by die semi-finaal opgevoer en na die finaal deurgedring. Die beoordeelaars was Abduragman Adams, skrywer/akteur wat in Suidooster speel en Bulelani Mabutyana, regisseur van die Baxter Teater.
Die ses groepe in die Edendistrik wat tot die finaal deurgedring het, het die naweek van 14-16 Januarie 2022 by die Kultuursentrum in Oudstshoorn opleiding ontvang. Die fasiliteerders was die twee beoordeelaars, asook Kanya Viljoen – dramaskrywer en regisseur wat ook in Afgrond speel en Mdu Kweyama, kurator van die Zabalaza Teater Fees. Die dramas is weer opgevoer en die fasiliteerders het vir elke groep terugvoer en raad om te verbeter gegee. Sondag moes die groepe weer hul stukke opvoer om te wys hoe hulle verbeter het.
Die naweek van 21-23 Januarie reis drie leerders, Monicke (regisseur), David (verhoogbestuur) en Aiden Kotze (klank en beligting) na die Baxter teater om opleiding in die teater te kry. Die finaal vind op 5 Maart in die George Arts Theatre plaas en die wenners word genooi om hul drama by die Baxter se Zabalaza Teater Fees, op te voer.
Baie geluk aan ons talentvolle Kwagga dramaleerders!
Foto – Monicke van der Walt, Anja Goosen, Lica Botes en David Smith
Comments are closed.