Kwaggas se eerste muurbalspan pronk hier spoggerig in hul spandrag geborg deur AKADEMIA. Die span sien uit na die seisoen wat hopelik eersdaags sal afskop. Hulle is entoesiasties en oefen reeds volstoom. Die span bedank Mnr. Johan Lubbe van Akademia vir die borg van die stylvolle spandrag.
VOOR v.l.n.r.: Dean Botes, Kaelin Mollentze, Danielle Smal, N Zandberg (organiseerder), O Campbell (afrigter), Mnr. Johan Lubbe (borg AKADEMIA), Megan Terblanche, Tiané Goosen, Mathias Loubser
AGTER: Wikus Jordaan (kaptein), Philip Myburgh, Malan Viljoen, Άiné Ferreira (kapteine)
Comments are closed.