Hoërskool Outeniqua se tennis het die afgelope maand die EDEN Distrik se been van die onder 16, BNP Paribas RCS Rising Star oorheers.
Die Seuns A en B spanne het afsonderlik eerste en tweede geeïndig en die Dogters A span het ook hul afdeling gewen. Hulle gaan die naweek van 28-29 Mei 2021 aan die Provinsiale toernooi deelneem.
Die Kwaggas hou vir julle duimvas!
Foto’s aangeheg.
Foto 1. 1ste span seuns van links na regs.
Drikus de Jager, Micheal Mostert, Willem Breytenbach, Martin Moster, Albert Warren (Afrigter).
Foto 2: 2de span seuns van links na regs.
Ivan Beukes, Johan Naude, Kyle Baker en Louw De Bruin.
Foto 3: Dogters 1ste span van links na regs.
Annika Kleinhans, Anja Bezuidenhout, Albert Warren (afrigter) Lisa Smit, en Ile Lategang (afwesig)
Kwagga tennisster presteer uitsonderlik !
Drikus De Jager het by die TSA Nasionale Byeenkoms in Bloemfontein 2de geeïndig in die onder 16 ouderdomsgroep en die dubbels gewen. Hy word gekies vir die SA 0nder 16 span wat aan die Afrika Junior span kompetisie (AJTC) gaan deelneem. Dit vind plaas vanaf 22-26 Junie 2021 in Egipte.
Foto 4 : Drikus de Jager
Comments are closed.