Gedurende die inperkingstyd in 2020, het die ATKV ‘n nuwe kompetisie geloods.Leerders het die geleentheid gekry om hul eie monoloog te skryf, dit op te voer, en hulself dan opgeneem.
Hierdie jaar het Juanette Spangenberg (Gr.11) en Anja van der Merwe (Gr.9) deelgeneem. Die kompetisie is deur groot name soos Lea Vivier en Schoeme Grobler beoordeel. Beide die leerders het silwer verwerf en fantastiese terugvoering ontvang.
Juanette is geprys vir haar eerlike vertolking en pragtige stem, terwyl Anja se teks as “boeiend” en sy as ‘n “vars briesie” beskryf is.
Ons is baie trots op hierdie twee Kwaggas en wens vir hulle ‘n blink toekoms in die Kunste toe.
Op die foto VLNR is Anja van der Merwe en Juanette Spangenberg.
Comments are closed.