Drie oud-Kwaggas wat Suid-Afrika verteenwoordig in die 2020 Olimpiese Spele in Tokio, is ‘n astronomiese prestasie!
Die Kwaggas by Hoërskool Outeniqua in George bars uit hul nate van TROTS.
Op die foto VLNR, pryk Jo-Ané van Dyk (matriek 2015), Elroy Gelant (matriek 2004) en Bianca Buitendag (matriek 2011)
Baie sterkte aan Jo-Ané met die spiesgooi en Elroy wat vir die 2de keer deel is van die Olimpiese Span vir sy deelname aan die marathon.
Baie geluk aan Bianca met die silwer medalje in Branderplankry wat sy met groot trots huis toe bring.
Hoërskool Outeniqua se personeel, leerders, beheerliggaam en trustees van die Kwagga Trust, wens jul as oud-leerders en trotse ambassadeurs van die skool en George baie geluk.
Comments are closed.