
Tussen 16 – 18 Augustus 2019, was die Musiekdepartement na Montagu vir die jaarlikse Musiek-Kuns-Dans-Drama Jeugfees wat deur die RAD-Stigting aangebied word. Die Instrumentale Ensemble, Jazz-orkes en Vokale Ensemble het aan hul onderskeie kategorieë deelgeneem en het skitterend presteer.

Die Instrumentale Ensemble, onder leiding van Louise van Wyk-Visser, het ‘n Silwer toekenning verwerf, terwyl die Jazz-orkes (o.l.v. Lynette Petersen) spesiale vermelding van die beoordelaars ontvang het met ‘n 100% uitslag. Die Vokale Ensemble (o.l.v. Karin Netley) het ook ‘n 100 % uitslag met spesiale vermelding ontvang en is aangewys as die algehele wenners van die koor-afdeling.

Carla Kruger (Gr.8) en Kerwin Albertus (Gr.12) het as soliste deelgeneem en het beide besonders goed presteer met onderskeidelik ‘n goud A+ en dubbel-goud A++ vir hul onderskeie vertolkings. Kerwin het ook die beoordelaarstrofee ontvang vir uitnemendheid. Die MMADD Musiek-trofee is aan die Kwaggas se Musiekdepartement toegeken vir die uitsonderlike bydrae tot Jeug Musiek-Ontwikkeling.

Baie geluk aan al die leerders en onderwysers van die betrokke ensembles met hierdie voortreflike prestasie. ‘n Spesiale dank gaan ook aan Tristan Lottering en Kyle Damons van George Hoërskool vir hul musikale bydrae tot die sukses van hierdie naweek.