Outeniqua is trots op hul redenaars en debatteerders. Daar was nie minder as 9 Kwaggas by die finaal van die ATKV se Redenaars en Debatskompetisies nie! Voorwaar ‘n mooi prestasie.
Hanro Müller het 8ste in Suid-Afrika geeïndig in die Senior Onvoorbereide afdeling van die ATKV redenaarskompetisie wat op 17 Augustus 2018 in Rustenburg plaasgevind het. Hy het ook aan die debatsfinaal deelgeneem.
Emma Cronje en Rhodé Ferreira was die naaswenners in die landswye Senior Debatskompetisie van die ATKV. In die proses het hulle met gerekende debatsskole afgereken. Knap gedaan!
Baie geluk met die mooi prestasie Kwaggas!