By die 27ste Inter-Provinsiale Tweekampbyeenkoms wat op 3 Februarie gehou is, het 500 atlete van 7 provinsies deelgeneem, en Twee SA rekords en ses byeenkomsrekords is gebreek. SWD het algeheel 3de geëindig In die Skole afdeling het Hoërskool Outeniqua algeheel 2de geëindig.
Op die foto VLNR is die trotse Kwaggas wat baie mooi presteer het : Gustav Schlechter, wat ‘n goue medalje verdien het, Lara Schlechter, brons en André Kleynhans, ‘n silwer medalje. Baie geluk Kwaggas!