Die Kwaggas se hokkie het met hul jaarlikse kragmetings teen York High afgesluit. Hierdie is ons grootste plaaslike derby. Die wedstryde was van hoë gehalte en die ondersteuning langs die veld was ongelooflik.

Baie dankie aan elke ouer, leerder en speler wat hierdie só ‘n besonderse kragmeting gemaak het.
Ons eerstespan dogters het 3 – 1 gewen en die eerstespan seuns het 3 – 3 gelykop gespeel. Julle maak die Kwagga trots!