Die Rotariërs bied jaarliks ’n toespraakkompetisie vir graad 10 en 11 leerders aan. Daar is verskeie kategorieë in Afrikaans en Engels.
Die Kwaggas het op 25 Oktober 2018 aan die streeksfinaal deelgeneem en uitstekend presteer.
Baie geluk aan:
Annika van Santen – Afrikaans Huistaal gr10 – eerste plek
Inge Steyn – Afrikaans Huistaal gr10 – tweede plek
Craig Bredenkamp – Afrikaans Huistaal gr11 – eerste plek
Ester Jansen – English First Additional Language gr11 – eerste plek
Ivan Badenhorst – English First Additional Language gr11 – derde plek
Lente Treurnicht- English First Additional Language gr10 – eerste plek
Die leerders het ook geldpryse gewen wat deur die Rotariërs geborg is.
Voor: Ester Jansen; Annika van Santen; Lente Treurnicht; Inge Steyn.
Agter: Ivan Badenhorst en Craig Bredenkamp.