Die Kwaggas het weereens goed presteer by hierdie byeenkoms wat sekerlik die grootste Top 10 byeenkoms in die Wes-Kaap is. Hoërskool Outeniqua het vier spanne vir die byeenkoms ingeskryf.
Die Kwaggas het altesaam 7 eerste, 6 tweede en 7 derde plekke behaal. Hulle het ook die afgelope drie jaar dié byeenkoms gewen.
Uit die staanspoor was die kompetisie baie straf en was die wind ook uitermate sterk.
Die Kwaggas het baie goed gevaar met ‘n tweede plek en het die eerste plek naelskraap gemis.
Ons kan nie anders as om spesiale melding te maak van Stefan van Wyk wat nie minder as drie eerste plekke behaal het nie (100m, 200m en 400m). Baie geluk Stefan.