Ongeveer 36 van ons atlete het aan hierdie gesogte byeenkoms deelgeneem. Die kompetisie was sterk, aangesien top skole soos Despatch, HJS Paarl en Paarl Girls High aan die toernooi deelgeneem het.
Ons atlete het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt en altesaam 13 eerste, 7 tweede en 12 derde plekke verower. Atlete wat eerste plekke behaal het, was Stefan van Wyk (200m en 400m), Caston Michaels (200m), Miré Reinstorf (100m hekkies), Ellen Kleinsmidt (100m), Hanno du Plessis (hamergooi), Theron Human (100m),
Meike Strydom (gewigstoot, diskus), Caylin Victor (diskus, spiesgooi), Stephany Petro (1500m, 3000m).
Kwaggas se A-span het algeheel eerste en die B-span agste geëindig na afloop van die byeenkoms. Baie geluk aan Meike Strydom wat aangewys is as die beste dogtersatleet van die dag.