Die Kwagga atlete was sterk gemotiveerd om hul beste vertoning by die laaste byeenkoms van die jaar te lewer. In snikhete toestande van 46 grade het hulle hulself onderskei en met puik prestasies uitgestaan.
Die Kwaggas het altesaam 13 goue, 12 silwer en 4 brons medaljes opgelewer. Agtien atlete het bo 800 punte op die Bekker tabelle verdien en vier atlete het bo 900 punte behaal. Atle
te wat bo 900 punte behaal het, was Ancois Jordaan (hamergooi), Riancke Slump (hamergooi), Maretha Theron (hamergooi), en Jd Heyns (diskusgooi). Spesiale vermelding moet van JD Heyns gemaak word, nadat hy puik vertonings in sy diskus en gewigstoot items gelewer het. Baie geluk JD.
Kwaggas het as wenners uit die stryd getree en sy naaste kompetisie met 1143 punte gewen. Hierdeur het Outeniqua weer eens gewys dat ons atletiek gesond is.
Dankie in besonder vir elke atleet wat altyd voluit kompeteer en te alle tye sy/haar beste gee. Spesiaal dankie vir die ongelooflike spangees, die lekker lag, die puik dissipline, die pragtige maniere. Kwagga atletiek is beslis die plek waar herinneringe gemaak word soos om byvoorbeeld langs die pad te stop en stilletjies in ‘n boer se dam te gaan swem.