Henco Bester – ‘n graad 9-leerder van Hoërskool Outeniqua is as die top presteerder van die 2020 Wes-Kaapse Virtuele Eisteddfod aangewys. Hy was een van 1792 inskrywings in die kompetisie. Henco het aan 4 kategorieë deelgeneem, naamlik solosang – musiekblyspel (93%), solosang – eie keuse (95%), Afrikaans digkuns – eie keuse (100%) en Afrikaanse storievertelling (100%) en het pragtige terugvoer van die beoordelaars ontvang. Ons hier in Kwaggaland is besonders trots op hierdie uitnemende prestasie. Baie geluk Henco!
Mar
02
Comments are closed.