Alouise Campher en Pelser Maloney van Hoërskool Outeniqua het die afgelope naweek aan die eindronde van die Ekonomie opstelkompetisie by Nedbank CIB se hoofkantoor in die Waterfront deelgeneem.
Deelnemers moes elkeen ‘n breedvoerige aanbieding doen oor die konsep van radikale ekonomiese transformasie.
Die aanbieding het plaasgevind voor ‘n paneel van twee Nedbank – ekonome, ‘n verteenwoordiger van die Wes – Kaapse onderwysdepartement asook ‘n verteenwoordiger van die provinsiale tesourie. Daarna is hul onderwerp aan ‘n vraag -en- antwoordsessie (in Engels) deur die uitgelese paneel.
Daar was 26 finaliste, wat skole soos DF Malan, Paul Roos Gimnasium, Paarl Hoër Seunsskool en Bloemhof Meisiesskool ingesluit het.
Vyftien leerders het studiebeurse ontvangs – Pelser en Alouise was deel van die uitverkore groep. Alouise word ook aangewys as die tweede beste deelnemer in die strawwe kompetisie, wat vir haar ‘n ekstra R8 000-00 in die sak bring – ‘n uitstaande prestasie !
Hierdie beurse beteken dat beide leerders se studiegelde vir die volgende drie jaar ten volle betaal gaan word aan ‘n universiteit van hul keuse.
Baie geluk Kwaggas, ons is baie trots op julle!