Lara le Roux en haar perd, Kanna Kadin, het op 3, 4 & 5 Julie 2018 aan die Fauresmit Internasionale 204km uithourit deelgeneem. Die ysige temperature in Fauresmit het tussen -6,5 grade en -4 grade gewissel.
Lara het vir die WP se liggewigspan deelgeneem, waar sy ‘n 6de plek verwerf en ‘n algehele 12de plek het. Daar was 374 deelnemers.
Die WP liggewigspan het silwermedaljes vir hul 2de plek ontvang. Daar was 9 provinsiale spanne, 1 Erasaspan, 1 Barbarianspan en ‘n span van Australië.