Beste Matrikulant
Die Hoërskool Outeniqua was die afgelope vyf jaar jou tuiste. Jou bydrae was van onskatbare waarde en jy het unieke spore getrap wat op ‘n uitsonderilke manier help bou het aan die trotse Kwaggatradisie.
Hoërskool Outeniqua ag sy oudleerders hoog en ons volg die spoor wat elkeen van hulle oor die lengte en breedte van die aarde agterlaat. Daarom wil ons, as bemarkingskantoor, ‘n sterk verbintenis met elkeen van julle opbou. Ons wil graag met julle kommunikeer, sodat julle ingelig sal wees oor die aktiwiteite hier by die skool. Maar ons wil ook graag weet waarmee jy besig is en watter prestasies jy behaal het of net kennis neem van die verskil wat jy gemaak het in die wêreld daarbuite.
Ons sien saam met jou uit na ons EEUFEES wat in 2023 gaan plaasvind. Ons sal jou graag op hoogte wil hou met die eeufeesreëlings en -program, sodat jy betyds kan beplan om dit by te woon. Dit gaan ‘n absolute hoogtepunt in die geskiedenis van George en die Outeniqua wees.
Om ons in staat te stel om jou ingelig te hou, vra ons vriendelik dat jy die inligtingsvorm volledig sal voltooi vir die opdatering van ons databasis. Ons wil graag modern en relevant wees en diens van ‘n hoë kwaliteit lewer.
Ons beste wense vergesel jou op jou lewenspad vorentoe. Maak ‘n verskil!
Eenmaal ‘n Kwagga, altyd ‘n Kwagga.
|
Vriendelike groete
Ronél Lamprecht & Berneen Müller
Hoërskool Outeniqua: Bemarking