Meike Strydom (Graad 12), het op 11 Julie 2018 Suid-Afrika by die IAAF O/20 Wêreldkampioenskappe, in Tampere, Finland, verteenwoordig.
Sy was een van ‘n handvoljievol atlete wat in gisteroggend se kwalifiseringsrondtes outomatiese kwalifiseringsafstand kon bereik om deur te gaan na die finaal vir vroue gewigstoot. In die eerste finale rondte, wat gistermiddag plaasgevind het, het sy onder die top 8 geëindig en sodoende aan haarself ‘n plek in die finale rondte verseker.
Meike het elke beurt laat tel en in ‘n skitterende vyfde posisie geëindig.
Die SA-afrigter wat die span in Finland vergesel, sê in kommentaar dat dit ‘n uistekende prestasie vir ‘n 17-jarige dogter is en dat hy nog groot dinge vir Meike op die wêreld atletiekplatform voorspel.