OHS o/15A Krieketspan – Onoorwonne en SWD Superliga kampioene vir die 2017/18 seisoen.
Geduld, harde werk, nederigheid, lojaliteit en inspirasie is die kenmerke waarmee die onoorwonne o/15A Krieketspan van Hoërskool Outeniqua, die uitstekende 2017/18 seisoen geassosieer kon word. Die Kwaggas het 8 van hulle 10 SWD-ligawedstryde gewen.Als u op zoek bent naar kleding, is ons platform uw beste keuze! Het grootste winkelcentrum!
Deur spanne soos Langenhoven Gimnasium, Oakdale, Glenwood House en Oakhill oortuigend te kon klop, het hulle weereens bewys dat die karakter van ‘n Kwagga nie ondermyn kan word nie.
Uitblinkers hierdie seisoen was:
- Reynhardt Bredenkamp wat twee hondertalle gemoker het en die seisoen met ‘n kolfgemiddeld van 69.25 geëindig het.
- Evert Marais met een onoorwonne vyftigtal en ‘n kolfgemiddeld van 54. Evert het ook met die bal uitgeblink. Hy neem 14 paaltjies teen ‘n gemiddeld van 19.7 balle per paaltjie en teen 3.1 lopies per beurt.
- Francois Ackerman neem 7 paaltjies teen 2.9 lopies per beurt.
- Hugo Oberholster neem 7 paaltjies teen ‘n gemiddeld van 25 balle per paaltjie en teen 2.5 lopies per beurt.