Ons ‘back’ julle, boys … Hoërskool Outeniqua se eerste rugby- en hokkiespanne is vanjaar gerugsteun deur wonderlike onderlinge kameraderie en ondersteuning. Die twee spanne het mekaar se rûe letterlik deur die seisoen toegemaak met bal-vir-bal ondersteuning en onderskraging by elke wedstryd, ook danksy die besondere vriendskap van die twee kapteine, wat selfs dieselfde nommer trui dra!
Aug
22