Die Kwagga Cuisine is die skool se eie restaurant, met ‘n ten volle toegeruste opleidingskombuis en funksielokaal.
In die opleidingskombuis word leerders voorberei vir loopbane in ‘n verskeidenheid van beroepe in die gasvryheidsektore. Leerders word ook aan al die fasette van die gasvryheidsbedryf blootgestel.
Dit sluit die volgende in:
- Opstel van die funksielokaal vir konferensies, verjaarsdae, besigheidsfunksies en troues.
- Uitwerk en opstel van spyskaarte vir funksies, sowel as die voorbereiding van voedsel.
- Blommerangskikking en tafeldekor.
- Bestuur van die kombuis by funksies.
- Tafelbediening van voedsel en drank.
Ons funksielokaal, Kwagga Cuisine, kan bespreek word vir konferensies, troues en ander spesiale geleenthede.
Ons dienste sluit in:
- Funksiekoördinering
- Blommerangskikking
- Spyseniering
- Dekor
Kontak die Kwagga Cuisine gerus by: restaurant@outeniqua.co.za