Die pas afgelope Outeniqua Koorfees was vir die 37ste jaar in ‘n ry, ‘n reusesukses. Daar het vanjaar 22 kore deelgeneem en die fees is met ywer en entoesiasme deur die George-gemeenskap ondersteun.

Dit was ‘n besondere voorreg om twee van die stigterslede by die Koorfees te kon hê.
Op die foto links verskyn Bram Potgieter (heel links) en Amanda Hattingh (2de van regs) saam met Karin Netley (HS Outeniqua Vokale Ensemble) en Elmien Bester (Ad Astra koor van HS Oudtshoorn), die twee koorleiers wat die langste verbintenis met die Outeniqua Koorfees het.

Hierbo verskyn die beoordelaar, Phillipus Hugo (2de van regs, staande) saam met koorleiers en begeleiers: Voor (sittende) Greta Benade, Lida de Villiers (albei van Holy Cross Primary), Pieter Raath, Kobie Liebenberg-Smit (albei van HS Outeniqua); Voor (staande) Elmien Bester (HS Oudtshoorn), Phillipus Hugo en Alwena van der Vyver (LS Bastion);
Agter (staande) Margriet Venter (Holy Cross Primary), Ylandi Janse van Vuuren, Lynette Petersen (albei van HS Outeniqua), Bram Potgieter (stigterslid en LS Bastion), Karin Netley (HS Outeniqua), Amanda Hattingh (stigterslid en LS Outeniqua), Ruan van der Vyver (HS Outeniqua).
Hoërskool Outeniqua bedank elke skoolhoof, koorleier, begeleier, koorlid en koorondersteuner wat van hierdie fees ‘n ware FEES gemaak het! Die Loerie Gastehuis/Guest Lodge was vanjaar die trotse hoofborg van die Outeniqua Koorfees.