Pandemieflouheid – aangebied deur Dr Johan Smith & Discovery

Suid-Afrika beleef tans die derde gholf van infeksie. Dit het in die hele land en ook in George baie hartseer teweeggebring. Hoërskool Outeniqua het een werker aan die dood afgestaan, van ons kollegas het hulle wederhelf aan die dood afgestaan, ons het ouers aan die dood afgestaan. Die pandemie is nog steeds besig om vrees en spanning te skep. Die inenting van die regering begin momentum kry, maar ons besef ons is vêr van ’n situasie waar ons weer “normaal” sal funksioneer.
Die skoolbestuur het besluit om ‘n kundige persoon te kry om met ons personeel, leerders en ouers oor die emosionele invloed van die pandemie te praat. Dit is vir ons belangrik om in hierdie ongewone tyd perspektief te behou en ons doel hier by Hoërskool Outeniqua en in George uit te leef.
Gebruik asseblief die geleentheid om kwaliteit in jou lewe in te ploeg en om jou voor te berei vir uitdagings wat ons nog nie ken nie. Die mensdom is veerkragtig en deur mekaar te ondersteun sal ons die pandemie oorwin.

Hier is die video opname van die praatjie.