Societas Nobilitat

Baie geluk met u kind se uitstekende akademiese prestasies in Hoërskool Outeniqua.

Ons wil u en u kind hiermee uitnooi na die Societas Nobilitat-funksie.

Societas Nobilitat is ‘n vereniging wat in 2011 gestig is.  Leerders wat daarin slaag om onder die top drie leerders in die graad tydens enige van die vier eksamens te kom, word en bly lewenslank deel van die vereniging en kry ook sy/haar unieke lidmaatskapnommer.  Nuwe lede se sertifikate met hul unieke lidmaatskapnommers word tydens die funksie uitgedeel.  Die funksie sluit ‘n vingerete in.

Ons sien uit daarna om van u te hoor.

Groete.
Chris Hattingh
Akademiese Hoof: Hoërskool Outeniqua

Bespreking

Bevestig hiermee dat

Die bedrag kan kontant/ per kredietkaart/ Karri-app/ EFT inbetaal word.

Verwysing:  SocNob en u voorletters en van