​​Atletiek

Baie welkom by Kwaggaland se atletiekwebblad. By Kwaggaland is ons baie trots op ons atletiek, want sedert 2010 is dit seer sekerlik een van die sterkste sportsoorte in die skool. Ons het ongeveer 250 atlete wat aktief aan dié sport deelneem.

‘n Groot rede waarom atletiek so gewild is, is die feit dat ons soos ‘n groot familie is en dat almal vir mekaar belangrik is.

Ons gaan baie op toere wat verseker dat ons nie net teen die beste skole in die land kompeteer nie, maar dat elke individu hom of haar kan meet teen die bestes in die land. Dit is juis hierdie byeenkomste wat verseker dat ons jaarliks medaljes op SA’s verower en dat ons internasionale atlete oplewer. Ons neem aan die volgende byeenkomste deel, naamlik: die HJS Uitnodigingsbyeenkoms in die Paarl, Hoërskool Punt se Top 10 byeenkoms, Bredasdorp se Top 10 byeenkoms, Moorreesburg se Top 10 byeenkoms asook die Grey-byeenkoms in Bloemfontein.

Nog ‘n pluspunt vir Kwagga atletiek is dat ons ‘n verskeidenheid van items afrig, bv. hekkies, naellope, middel/langafstand, hamergooi, stap, verspring, driesprong, gewigstoot, diskus en spiesgooi. Elkeen van ons afrigters is uitstekend gekwalifiseer en het reeds atlete opgelewer wat medaljes op nasionale en internasionale vlak verower het.

Ons grootste mikpunt is dat Kwagga atlete na skool sal voortgaan met hulle atletiek. Dit is daarom dat ons baie trots is op soveel van ons atlete wat nie net na skool rekords laat spat nie, maar wat op internasionale vlak hul stempels afdruk. Atlete soos bv. Anél Oosthuisen (Nasionale en SA-rekord in 20km stap, Olimpiese spele), Annemie Smith (eerste SA- vrou wat die hamer nie-amptelik oor die 60m gooi), Elroy Gelant wat puik presteer het by die Olimpiese spele.

Onlangse noemenswaardige prestasies en nuus:

KWAGGA 100 RUN

Op Vrydag, 15 September was dit die Hoërskool Outeniqua se stigtingsdag. Ons het dit voluit gevier met ‘n historiese padwedloop tesame met die SWD 10km kampioenskappe. Daar was ook ‘n 5km prethardloop/stap waar baie van ons leerders, ouers en personeel deelgeneem het. Ons is baie dankbaar vir die ondersteuning van ons hoofborg, Top Gear Sport, wat al vir baie jare die Kwagga-gemeenskap se hande in sport vat.

𝙆𝙒𝘼𝙂𝙂𝘼𝙎 𝙊𝙊𝙍𝙃𝙀𝙀𝙍𝙎 ♥𝙇𝙊𝙊𝙋 𝘽𝙔𝙀𝙀𝙉𝙆𝙊𝙈𝙎!!

Kwaggas verower 74 GOUE MEDALJES Die naaste skool het 18 goue medaljes verower. Die Kwaggas het ver 9 van die 10 trofeë gewen … wat ‘n WONDERLIKE prestasie! Daar is altesaam 27 rekords by die byeenkoms gebreek waarvan die Kwaggas 22 rekords gebreek het Die naaswenner skool het 243 punte aangeteken op al die items van die dag. Hoërskool Outeniqua wen die byeenkoms en teken bykans helfte meer punte as die naaswenner aan met ‘n totaal van 456 punte

KWAGGA – ATLETE SKITTER BY GEORGE-STREEKBYEENKOMS

Kwagga atlete behaal altesaam 86 eerste plekke, 58 tweede plekke en 30 derde plekke. Daar was altesaam 9 rekords gebreek op die dag. Kwaggas het 8 van die 9 rekords verbeter en 1 rekord geëwenaar.

HARTLOOP BYEENKOMS 9 FEBRUARIE 2022

KWAGGAS OORHEERS HARTLOOP BYEENKOMS: Kwaggas behaal 121 472 Bekkertabel punte in die spankompetisie. Die naaste skool aan hulle behaal 70 349 punte. Kwaggas se puntetotaal aan die einde van die byeenkoms was 2033. Die naaste span aan die Kwaggas het 1128 punte behaal.

Ruan Rossouw wen silver by Wêreldkampioenskappe

Die talentvolle jong Kwagga, Ruan Rossouw, in Graad 8, is in die Suid-Afrikaanse Moderne Pentathlon Assosiasie se Elite Span opgeneem om Suid-Afrika by die Wêreldkampioenskappe in Kairo, Egipte (7-13 Junie) te verteenwoordig.

Kwaggas sluit seisoen op hoë noot af by Moorreesburg Top 10 Toernooi

Die Kwagga atlete was sterk gemotiveerd om hul beste vertoning by die laaste byeenkoms van die jaar te lewer. In snikhete toestande van 46 grade het hulle hulself onderskei en met puik prestasies uitgestaan. Die Kwaggas het altesaam 13 goue, 12 silwer en 4 brons medaljes opgelewer. Agtien atlete het bo 800 punte op die Bekker tabelle verdien en vier atlete het bo 900 punte behaal. Atle   te wat bo 900 punte behaal het, was Ancois Jordaan (hamergooi), Riancke Slump (hamergooi), Maretha Theron (hamergooi), en Jd Heyns (diskusgooi). Spesiale vermelding moet van JD Heyns gemaak word, nadat hy puik vertonings in sy diskus en gewigstoot items gelewer het. Baie geluk JD. Kwaggas het as wenners uit die stryd getree en sy naaste kompetisie met 1143 punte gewen. Hierdeur het Outeniqua weer eens gewys dat ons atletiek gesond is. Dankie in besonder vir elke atleet wat altyd voluit kompeteer en te alle tye sy/haar beste gee. Spesiaal dankie vir die ongelooflike spangees, die lekker lag, die puik dissipline, die pragtige maniere. Kwagga atletiek is beslis die plek waar herinneringe gemaak word soos om byvoorbeeld langs die pad te stop en stilletjies in ‘n boer se dam te gaan swem.