Gustav Schlechter – Gr11 het in Desember 2018 die Wes-Kaap Skole Swemspan verteenwoordig en aan die SA Skole Swem Kampioenskappe in Gauteng deelgeneem. Die kompetisie het plaasgevind by die Ellispark swembad.
Gustav het 3 SA Skole titels verower in die seuns 16 jaar kategorie met goue medaljes in die 100m vryslag, 50m vryslag en 50m vlinderslag.
Welgedaan Gustav!