Op die 2de Februarie het Tristan Nortje deelgeneem aan die eerste bergfiets “SA Cup Series,” wat ook deel uitmaak van die “Junior World Series.” Hy het ‘n algehele 7de plek behaal, en was die 3de SA deelnemer in die wedren. Op die 3de Februarie het hy ‘n 4de algehele posisie verwerf en weereens die 3de posisie in Suid Afrika.
Ons is baie trots op hom!