Die Kwagga skaak span het deelgeneem aan die Weskaap Top skole skaaktoernooi in Ceres. Die top 2 skole in elke ouderdomsgroep in Eden/Metro/Overberg/Cape Winelands/Weskus/Sentraal Karoo het aan hierdie toernooi deelgeneem om die Weskaap top skole skaak span vir 2019 te kroon. Outeniqua se o/18 ope en o/18 dogters span was ook twee van die skole wat Eden verteenwoordig het en het hul beste gegee. Ons o/18 ope span het algeheel 2de geëindig en die silwer medalje verower. Corne Fourie (bord 5) het ook die beste op sy bord gevaar en daarvoor ‘n bord prys verower. Ons dogters span het ook uitstekende skaak gespeel en algeheel 4de geëindig in die dogters o/18 groep.

Ons o/18 ope span het algeheel 2de geëindig en die silwer medalje verower. Corne Fourie (bord 5) het ook die beste op sy bord gevaar en dan ook vir dit ‘n bord prys verower. Ons dogters span het uitstekende skaak gespeel en algeheel 4de geëindig by die dogters o/18 groep.

Ons skaak spelers se dissipline was uit die boonste rakke en goeie spangees het deurlopend geheers.
Baie dankie aan elke ouer, Mnr. Conrad van Zyl en Lionel Campbell asook Juf. de Beer vir alles wat julle vir die Kwaggas se skaak beteken. Dit word opreg waardeer.