Kwagga Kondisionering
Die Kwagga kondisioneringspan het grootliks ten doel om ‘n voorbereidingskultuur te help vestig, te help groei en te onderhou wat kondisionering aan betref, wat sodoende vir Kwaggasport een hoeksteen vorm om hoër hoogtes na te streef. Gereelde oefening, dissipline, harde werk, ‘n klem op die fundamentele bewegings, beginsels en ‘n passie vir uitnemendheid is die kern van hierdie kultuur.
Verder maak die gimnaisum met sy spasie en multi-doelige uiteensetting dit moontlik om in span-georïenteerd te kan werk, met die programmering wat deur ‘n paar kern waardes gelei word:
- Gebalanseerde fiksheid ontwikkeling – al die fiksheidsdomeine word aangeraak
- Bewegingskwaliteit – basiese oefeninge, beter uitgevoer
- Vergroot bewegings ervarings – leer nuwe bewegings aan
- Funksioneel gedrewe – liggaamsdele in eenheid samewerking
- Gemeenskap – ontmoet, leer, werk en kompeteer in groepe
- Skep ‘n platform vir sport ontwikkeling – kondisioneer vir sport
- Identifisering van swakpunte – bewuswording van gevaarareas
- Besering voorkoming – Prehabilitasie
- Ontlading – ontspanne en prettige atmosfeer
Ons mantra: kweek oefengewoontes, saam mekaar, meer gereeld met wyse keuses van oefeninge wat beter uitgevoer word. Tesame met ‘n ingeslteldheid van volhoudbare uitnemendheid sal ons stuur in hierdie reis vorentoe!