Hoërskool Outeniqua bied leerders ‘n wye keuse van sportsoorte om aan deel te neem.
Afgesien van die akademie, is dit ook ‘n gebied waarop Kwaggas voortdurend presteer en hul skool se naam hoog hou!
Ons skool het al talle groot sportmanne en -vroue opgelewer en is trots op elke een van hulle wat die hoogste sport bereik het, d.m.v. toeweiding en deursettingsvermoë.