Hokkie

Hoërskool Outeniqua staan nie net bekend as ‘n gedugte hokkieskool in ons area nie, maar daar word na die Kwaggas verwys as een van die tophokkieskole in die Edenstreek.

Ons is baie trots op ons 18 spanne (9 seunspanne en 9 dogterspanne) wat elke jaar deelneem. Hoёrskool Outeniqua het ‘n pragtige Astrobaan asook ‘n grasveld, wat dit weekliks moontlik maak om alle spelers met daaglikse oefensessies te akkommodeer. Ons het uitstekende afrigters, waarvan sommige provinsiale afrigters is.

Kwaggas se hokkie-afrigters is toegewy daaraan om by die seuns- en dogtershokkie goeie kwaliteit afrigting te verseker. Dit is vir ons belangrik om teen toppresterende skole mee te ding, terwyl ons spelers die geleentheid kry om hulle volle potensiaal te bereik.

Ons skop jaarliks vroeg met ‘n deeglike voorseisoen af.

Gereelde toere en toernooie skerp spelers op om tydens die skoolderby hul beste te lewer. Gedrewe afrigters, tesame met ‘n trotse hokkiekultuur, onderskei Kwagga-hokkie van ander hokkiespanne.

Hoёrskool Outeniqua lewer jaarliks verskeie Eden hokkiespelers op, wat die provinsie by nasionale hokkietoernooie verteenwoordig.