Algemeen
Die skool as opvoedkundige instelling behoort die plek te wees waar sport etiek en moraliteit ontwikkel word as deel van die groter opvoedings doel: om die kind voor te berei vir die volwasse lewe. Rugby bied aan die afrigter en die deelnemer veelvuldige opvoedkundige waardes soos:
Respek vir jou eie liggaam en die opponent se liggaam
Respek vir die reëls van die spel
Respek vir die skeidsregter se beslissings
Wen met trots, maar verloor met waardigheid sonder verskonings
Hou jou liggaam, houding, gedagtes rein as voorbeeld vir ander
Strewe na liggaamlike fiksheid en vermy selfsugtigheid en egoïsme
Deel jou sukses met ander
Dank die Skepper vir jou talente
Om jou medemens by te staan of op te hef. Die belangrikste saak is nie om te wen nie, maar om deel te neem met eerlike spel en dit met oorgawe te geniet.
Span Borge
19A | Hyundai, Volcano, USN, Buffalo Tanks, South Cape Poles |
19B | Suzuki |
16A | Half way Toyota |
15A | Mcdonalds |
14A | Top Gear |
Ander Borge
Junior sport week | Wellington Spar, Minolta |
Klere : Wintersport | Volcano |
Afrigtingbaadtjies | Charl Kraaibosh Shell |
Sportdae | Cavalli, Palm Tyres, van Rensburg Foods, De Dekke, Sapcor
|
Die aktiwiteitsspyskaart in Kwaggaland is oneindig groot en streef daarna om selfs die vreemdste sportsmake te bevredig. Een van die bekendste disse op die Kwagga spyskaart en wat selfs die fynproewer na sy asem laat snak, is rugby. Kwaggaland spog met ‘n roemryke en kleurvolle rugbygeskiedenis.
Kwaggas is ongetwyfeld een van die beste rugbyskole in die land. Ons eerstespan tel reeds sedert 2000 onder die TOP 20 skole in die land. Ons word ook elke jaar na al die prestige rugbytoernooie in die land uitgenooi. Elke jaar bestaan die kern van al die SWD-verteenwoordigende spanne in alle ouderdomsgroepe uit spelers van Kwaggaland. Ons bied ook jaarliks tydens die Aprilvakansie ‘n uiters geslaagde O/14 en O/15-rugbytoernooi aan waar al die top skole in die land ons skool besoek.
Dit is ons skool se beleid om onsself teen die beste skole in die land te meet. In hierdie wedstryde gee ons spanne deeglik rekenskap van hulle talente en hardwerkendheid. Gedrag op en van die veld af geniet ‘n baie hoë prioriteit.
Verder is ons skool ook geseën met entoesiastiese, passievolle afrigters en puik fasiliteite. Ons beskik oor ‘n puik toegeruste gimnasium en biokinetiese sentrum met 3 biokinetici wat werk van onskatbare waarde verrig.
Ons kan tans 13 rugbyspanne in die veld stoot.
Kwagga rugby is trots op prestasie en erken uitnemendheid. Wen ten alle koste word egter nie geduld nie. Die rugbyveld is vir elke onderwyser van ons skool ‘n baie besondere opvoedingsterrein. Puik sportmangees, netjiese en korrekte kleredrag is deel van die goeie dissipline wat van elke sportman vereis word.
“Ability will get you to the top, character will keep you there” – John Wooden
OEFENTYE
SPAN | VELD | DAG | TYD |
O/14 | C | Ma, Di, Do. | 15:00 – 16:30 |
O/15 | C | Ma, Di, Do. | 16:00 – 17:30 |
O/16 | B | Ma, Di, Do. | 16:00 – 17:30 |
O/19C EN D | B | Ma, Di, Do. | 16:00 – 17:30 |
O/19A EN B | A | Ma, Di, Do. | 15:30 – 17:30 |
Alle voorrye oefen op Wo. by IH vanaf 15:30 – 16:30.
Somer: Maandae, Dinsdae en Donderdae vanaf 17:00 tot 18:00.
Hoof van Rugby: Mnr Jaco Jansen van Rensburg is die rugbyhoof en kan gekontak word by rugby2@outeniqua.co.za vir navrae.
AFRIGTERS 2021
0/19 A | ABRE MINNIE + JACO VAN RENSBURG + HENRY GRIMES |
0/19 B | PIET CLOETE + IAN HATTINGH |
0/19 C – E | VERNON MULLER + ANTON HATTINGH+ GERHARD GIBSON |
0/16 A | DEON MINNIE + JACQUES WOLFAARDT |
0/16 B + C | NAAS GIBSON |
0/15 A | HUGO HARMSE + WIHAN SMAL |
0/15 B + C | EVERT KLEYNHANS + JACO VAN DER MERWE |
0/14 A | WP BOSCH + FILIP VENTER |
0/14 B + C | BRAAM TUKKER + STEYN VAN LOGRENBERG |
KONDISIONERING | HEINRICH DU PLESSIS |
KONSULTANTE | ANTON LEONARD |
JEANDRE BLOM | |
ZANE KIRCHNER | |
JACO GOUWS |