Tweekamp

Tweekamp vir die 2024/2025-seisoen

Tweekamp is ‘n multisport dissipline wat hardloop en swem oor verskeie afstande vir verskillende ouderdomsgroepe insluit. Hierdie twee afsonderlike dissiplines vind op dieselfde dag plaas, maar op verskillende tye. Alle atlete sal eers hul hardloop resie op die baan afhandel, en nadat al die hardloopnommers voltooi is, sal alle atlete hul swem resie in ‘n 25m- of 50m-swembad swem.

Tyd word vir elke atleet opgeneem en punte word toegeken volgens die tyd wat opgeneem is. Die doel is om minstens 1000 punte vir die hardloopdissipline en 1000 punte vir die swemdissipline te behaal, wat dan ‘n totaal van minstens 2000 punte sal wees.

Hardloop:

Vir elke 1 sekonde stadiger as die teikentyd, sal 2 punte van die atleet se 1000 punte afgetrek word.

Vir elke 1 sekonde vinniger as die teikentyd, sal 2 punte by die atleet se 1000 punte gevoeg word.

Swem:

Vir elke 1 sekonde stadiger as die teikentyd, sal 5 punte van die atleet se 1000 punte afgetrek word.

Vir elke 1 sekonde vinniger as die teikentyd, sal 5 punte by die atleet se 1000 punte gevoeg word.

Uitsondering: Vir atlete jonger as 13 wat 800m hardloop en 50m swem, sal die swemaanpassing 10 punte per sekonde wees.

Ouderdomsberekening:

‘n Atleet se ouderdom op 31 Desember van die jaar van die SA Kampioenskap bepaal die ouderdomsgroep waarin hulle sal meeding.

Byvoorbeeld, as ‘n atleet 17 word na die volgende SA Kampioenskap op 31 Desember, sal hulle as onder 19 vir die huidige seisoen meeding. As hulle 16 was op daardie dag, sal hulle as onder 17 meeding vir die seisoen.

Bonuspunte:

Bonuspunte word slegs toegeken aan Junior Veteraan (Jnr Vet) en ouer atlete.

Gekombineerde Punte:

Die totaal van hardloop-, swem- en bonuspunte moet minstens 2000 punte wees, wat die minimum vereiste gelykheidspunt vir WP-spaneliktheid is.

Oefen tye is Maandae tot Donderdae 3pm tot 4:30pm

Afrigter: Esrie Loock

Admin: Mr Wian Small

Highgate Interprovinsiale Tweekamp-byeenkoms

Die 1ste Februarie het die 32ste DCAS/Groter Oudtshoorn/Highgate inter-provinsiale tweekampbyeenkoms plaasgevind. Nie minder as 530 atlete met ouers en ondersteuners van WP, Boland, Vrystaat, Griekwas, OP en Eden, het deelgeneem.

Die De Jager-sportkompleks, asook die NA Smit-swembad in Oudtshoorn was feestelik getooi vir die geleentheid en die waterkwaliteit van die swembad was van die beste die afgelope 15 jaar.

Eden-tweekamp het die beste vertoning in jare gelewer en nie minder nie as 30 medaljes ingepalm.

Eden (124 000) het dan ook tweede geëindig in die spankompetisie na Boland (134 000) en WP (117 000) in die derde plek

Baie Geluk aan ons Tweekamp Span wat gekies is vir die Eden Highgate Interprovinsiale Span.

Volgende Leerders is gekies:

O/15 Dogters Alice Esterhuyse 1990.28 B-Span ;Danielle Bond 1968.32 B-Span Minay Botha 1964.34 B-Span; Liyana Theron 1919.15 C-Span; Frances Esterhuyse C-Span

O/17 Dogters Lizandri Koen 1991.47 B-Span; Megan Stahmer 1983.40 B-Span; Ona-Mari v Niekerk 1972.04 B-Span ;Sian Kleynhans 1928.30 C-Span

O/19 Dogters Marilie Duvenage 1993.91 B-Span ;Zani Vermeulen 1978.85 B-Span; Larissa Badenhorst 1960.89 B-Span; Mia Botha 1959.17 B-Span; Shane Buitendag C-Span O/19 Seuns ;Jean-Paul van Dyk 2038.95 A-Span

Afwesig op foto: Alice Esterhuyse Frances Esterhuyse Zani Vermeulen

Die 48ste SA Tweekampkampioenskappe vind op Vrydag 21 Maart en Saterdag 22 Maart in Oudtshoorn plaas en het 913 inskrywings van 14 streke regoor Suid-Afrika ontvangs

 

Kwaggas se SA span:

O/15 Dogters

  • Alice Esterhuyse
  • Danielle Bond
  • Minay Botha

 

O/17 Dogters

  • Lizandri Koen
  • Megan Stahmer
  • Ona-Mari v Niekerk

 

O/19 Dogters

  • Marilie Duvenage
  • Zani Vermeulen
  • Larissa Badenhorst
  • Mia Botha
  • Carli Dippenaar

 

O/19 Seuns

  • Jean-Paul van Dyk
  • Kodi Minnie
  • Marco Erasmus

 

Nie minder nie as 15 Eden-atlete eindig onder die top 10 in hulle ouderdomsgroepe – waarvan 2 Kwaggas is

  • D/15 9de Plek: Alice Esterhuyse EDEN 800m – 02:48.20 100m – 01:06.83 PUNTE 2050.45
  • S/19 6de Plek: Kodi Minnie EDEN 800m – 02:21.93 100m – 00:55.75 PUNTE 2075.39

Highgate Interprovinsiale Tweekamp-byeenkoms

Die 1ste Februarie het die 32ste DCAS/Groter Oudtshoorn/Highgate inter-provinsiale tweekampbyeenkoms plaasgevind. Nie minder as 530 atlete met ouers en ondersteuners van WP, Boland, Vrystaat, Griekwas, OP en Eden, het deelgeneem.

Die De Jager-sportkompleks, asook die NA Smit-swembad in Oudtshoorn was feestelik getooi vir die geleentheid en die waterkwaliteit van die swembad was van die beste die afgelope 15 jaar.

Eden-tweekamp het die beste vertoning in jare gelewer en nie minder nie as 30 medaljes ingepalm.

Eden (124 000) het dan ook tweede geëindig in die spankompetisie na Boland (134 000) en WP (117 000) in die derde plek