2024/25 Krieket
Na ‘n suksesvolle winterprogram het die seisoen in September afgeskop. Die seisoen het weer gehardloop van September 2024 tot Maart 2025. Daar was positiewe skuiwe en veranderinge gemaak aan ons krieketstruktuur wat gelei het dat ons ‘n o/15C span in die liga kon inskryf.
o/19 A
Die o/19 A-span het ‘n baie opwindende seisoen gehad. Ons doelwit voor die seisoen was om soveel as moontlik kompeterende krieket te speel in verskeie dele van die land. Ons het besluit om ons o.19A span uit die Garden Route Badgers o.19 Superliga te onttrek. Die rede daarvoor was om ons o.15A span die geleentheid te gee om kompeterende krieket in die area te speel maar ook om ons 1ste span blootstelling te gee teen van die beste krieketskole in die land. Ons het in die volgende toernooie/wedstryde gespeel die afgelope seisoen:
- Somerset College T20 Toernooi
- Somerset College Krieketfees
- Diamantveld T20 Kriekettoernooi
- Paarl Boys High o.19 Krieketfees
- Toer na Paarl
- Toer na Gqeberha
- Wedstryde teen Paarl Boys High, Paarl Gimnasium, Paul Roos Gimnasium, Grey High School, Somerset College, Boland Landbou, Stellenberg, Framesby en Drostdy.
Die 1ste span het die volgende resultate behaal tydens die seisoen:
Wedstryde gespeel: 28
Gewen: 17
Verloor: 7
Onbeslis: 3
Gelykop: 1
Kolwers wat uitgestaan het die seisoen is:
- Daniel du Plessis met 851 lopies met ‘n gemiddeld van 34,04
- Trent Huisamen met 560 lopies met ‘n gemiddeld van 40
- Wehan Meyer met 488 lopies met ‘n gemiddeld van 25,68
- Joof Enslin met 436 lopies met ‘n gemiddeld van 20,76
Boulers wat uitgestaan het die seisoen is:
- Nathan Best met 47 paaltjies teen ‘n gemiddeld van 14,12
- Wernich Cassell met 29 paaltjies teen ‘n gemiddeld van 12,89
- Trent Huisamen met 26 paaltjies teen ‘n gemiddeld van 18,76
- Stefan May met 22 paaltjies teen ‘n gemiddeld van 11,45
Hoogtepunte vir die seisoen is as volg:
- Daniel du Plessis se 102* lopies van 100 balle teen York High o.19A
- Stefan May se 5 paaltjies vir 6 lopies in 4 beurte teen Parel Vallei o.19A
- Trent Huisamen se 208 lopies van 112 balle teen DF Malan o.19A
- Trent Huisamen se 105* lopies van 92 balle teen Paarl Gimnasium o.19A
- Wehan Meyer se 130 lopies van 75 balle teen EG Jansen o.19A
- Wernich Cassell se 6 paaltjies vir 12 lopies in 12 beurte teen EG Jansen o.19A
- Nathan Best se 5 paaltjies vir 24 lopies in 10 beurte teen DF Malan o.19A
- Nathan Best se 5 paaltjies vir 16 lopies in 10 beurte teen All Rounder Cricket Academy o.19
Ons wil baie dankie sê aan mnr. Andrianatos en mnr. Nelson vir al die harde werk en tyd wat hulle ingesit het om hierdie span af te rig.
o/15 A
Ons het aan die begin van die seisoen besluit dat ons die o.15A span in die Garden Route Badgers o.19 Superliga gaan inskryf. Die rede vir die besluit was om seker te maak dat hierdie spelers ontwikkel en uitgedaag word as krieketspelers. Aan die einde van die seisoen kan ons terugsit en weet dat dit die regte besluit was. Hierdie spelers het soveel gegroei met die aantal en die kwaliteit van die wedstryde wat hulle gespeel het.
Hierdie span het aan die volgende toernooie/wedstryde deelgeneem:
- Somerset College T20 Toernooi
- Somerset College Krieketfees
- Kwagga T20 Krieketweek
- Garden Route Badgers o.19 Superliga
- Paarl Boys High o.15 Krieketfees
Die doel vir die o.15A span was om ons eie Kwagga o.15 Krieketweek te wen. Die span het baie goed begin en hulle eerste drie wedstryde gewen om in die semi-finaal van die toernooi te kom. In die semi-finaal het ons vir Daniel Pienaar o.15A met 5 paaltjies gewen. Ons het toe vir HTS Drostdy se o.15A span in die finaal gekry en na ‘n harde wedstryd ongelukkig verloor met 5 paaltjies.
Soos genoem, het ons die o.15A span in die Garden Route Badgers o/19 Superliga laat speel. Die spelers was onder druk geplaas in die meeste van hulle wedstryde hulle het elke keer ‘n manier gevind om ‘n oplossing te kry. Hulle resultate tydens die Garden Route Badgers o.19 Superliga was as volg: 7 wedstryde gespeel, 5 gewen en slegs 2 verloor.
Die o/15 A-span het ook in die Januarie vakansie aan Paarl Boys High se o/15 kriekettoernooi deelgeneem en het 3 van hulle 4 wedstryde gewen.
Die uitslae vir die o.15A span vir die seisoen is as volg:
Aantal wedstryde: 28
Gewen: 17
Verloor: 9
Gelykop: 2
Kolwers wat uitgestaan het die seisoen is:
- Ross Taljaard met 729 lopies teen ‘n gemiddeld van 36,45
- Idan Balzun met 704 lopies teen ‘n gemiddeld van 33,52
- Jodin Olckers met 405 lopies teen ‘n gemiddeld van 20,25
Boulers wat uitgestaan het die seisoen is:
- Johalin Oosthuizen met 50 paaltjies teen ‘n gemiddeld van 9,5
- Ross Taljaard met 23 paaltjies teen ‘n gemiddeld van 18,95
- Liam Haasbroek met 20 paaltjies teen ‘n gemiddeld van 7,15
- Dehan Meyer met 20 paaltjies teen ‘n gemiddeld van 12,7
Hoogtepunte vir die seisoen is as volg:
- Idan Balzun se 161* lopies van 129 balle teen York High o.15A
- Johalin Oostuizen se 5 paaltjies vir 16 lopiers in 9 beurte teen HS Bellville o.15A
- Johalin Oostuizen se 5 paaltjies vir 10 lopies in 4 beurte teen Boland Landbou o.15A
- Ross Taljaard se 183 lopies van 125 balle teen York High o.15A
- Liam Haasbroek se 5 paaltjies vir 16 lopies in 6 beurte teen Paarl Boys High o.15B
Ons wil baie dankie sê vir mnr. Van der Merwe vir sy tyd en ook die manier hoe hy hierdie span die seisoen afgerig het.
o/19 B
Die o/19 B-span het die seisoen afgeskop deur aan die o/19 Punt Krieketfees deel te neem in die September-vakansie. Die toernooi het die spelers goeie blootstelling gegee om teen ander skole se 1ste spanne te speel en dit het hulle gehelp om voor te berei vir die ligawedstryde.
Die o/19 B-span het in die Garden Route Badgers o/19 Super Liga gespeel. Ons het 7 wedstryde gespeel waarvan ons 2 gewen het en 5 verloor het. Ons het 7de uit 11 spanne op die punteleer geëindig.
Ons doelwit vir volgende seisoen is om twee uit die drie wedstryde by die o/19 Punt Krieketfees te wen. Ons wil ook in die top 5 eindig in die Garden Route Badgers o/19 Super Liga.
Ons wil baie dankie sê vir mnr. Steyn wat sy tyd opgeoffer het om hierdie span af te rig.
o/15 B
Die o/15 B-span het die seisoen begin deur aan die o/15 Kwagga Krieketweek deel te neem. Hulle het ook teen skole vanaf die Wes-Kaap en Oos-Kaap se A-spanne gespeel. Hulle het 5 wedstryde in die toernooi gespeel waarvan hulle 1 gewen het en 4 verloor het.
Die o/15 B-span het hierdie seisoen as ons hoof o/15 span in die Garden Route Badgers o/15 Super Liga gespeel en aan die einde van die seisoen bo aan die punteleer geeindig. Hulle het 7 wedstryde gespeel waarvan hulle 6 gewen het en 1 verloor het. Dit beteken hulle is die kampioene van die Garden Route Badgers o/15 Superliga.
Ons doelwit vir volgende seisoen is om in die top 8 te eindig by die o/15 Kwagga Krieketweek asook om die Garden Route Badgers o/15 Super Liga weer te wen.
Ons wil baie dankie sê aan mnr. Fouche vir sy tyd en kennis wat hy aan die seuns oorgedra het.
o.15 C
Met die toenemende belangstelling by die krieket het die aanvraag vir ‘n derde o/15-span nodig geraak. Ons het toe besluit om die o/15 C span in die Garden Route Badgers o/15 Superliga te laat speel. Dit was baie goeie blootstelling vir hierdie spelers aangesien hulle teen ander skole in die area se A-spanne gespeel het.
Hulle het 8 wedstryde gespeel waarvan hulle 1 gewen het en 7 verloor het. Hulle het 9de uit 11 spanne in die Garden Route Badgers o/15 Superliga geëindig.
Die doelwit vir volgende seisoen sal wees om meer as 50% van hulle wedstryde in die o/15 Superliga te wen.
Ons wil baie dankie sê aan mnr. Gibson en mnr. Smit vir hulle tyd en kennis wat hulle aan die seuns oorgedra het.
Garden Route Badgers Krieket
Die volgende spelers is gekies vir die Garden Route Badgers in hulle verskeie ouderdomsgroepe om aan nasionale toernooie deel te neem.
o/19 seuns:
- Stefan May
- Joof Enslin (kaptein)
- Trent Huisamen
- Danie Venter (Nie-reisende reserwe)
0/16 seuns:
- Daniel du Plessis (kaptein)
- Hanno Swart
- Wernich Cassell
- Matthew Coleman
- Daniel du Preez (Nie-reisende reserwe)
Garden Route Badgers Senior Vroue:
- Mariana Breedt
- Mi-Jeanne Botha
o/19 dogters:
- Mariana Breedt (Onderkaptein)
o/16 dogters:
- Chaela Jonk
Provinsiale prestasies tydens die seisoen
- Mariana Breedt is gekies vir die SA Skole Dogters o/19 Fillies span aan die einde van die CSA Nasionale o/19 Dogters-week
- Mi-Jeanne Botha (Graad 8) het haar debuut gemaak vir die Garden Route Badgers Vroue-span
- Trent Huisamen is gekies om vir die Garden Route Badgers Colts te speel.
2025 Garden Route Badgers o/19 Winter-oefengroep
Die volgende spelers is gekies om deel te wees van die Garden Route Badgers o/19 oefengroep.
- Daniel du Plessis
- Danie Venter
- Christiaan van den Berg
- Trent Huisamen
- Joof Enslin
- Wernich Cassell
- Matthew Coleman
- Nathan Best
CSA Indivual Member Camp
Die volgende spelers was gekies om deel te neem aan ‘n talentidentifiserings-kamp wat deur Krieket Suid-Afrika aangebied was:
- Nathan Best
- Daniel du Plessis
- Joof Enslin
- Trent Huisamen
- Danie Venter
Hanno Swart
Kwagga o/15 T20-toernooi 2025
Ons bied weer die jaarlikse o/15 T20 toernooi aan vanaf 8 tot 11 Oktober 2025. Daar gaan 16 spanne vanuit die Suidkaap, Oos-Kaap en Wes-Kaap aan die toernooi deelneem.