Skaak

Organiseerder:  M Janse van Rensburg

Afrigter:  Werner Ottervanger

Skaak by Hoerskool Outeniqua  bevorder die holistiese ontwikkeling van die spelers. Skaak is ‘n ongelooflike belangrike sport om die kritiese denke, strategiese beplanning en goeie besluitneming van leerders te bevorder.

Jaarliks neem die skaakspelers van Outeniqua deel aan toernooie wat nie net help om gesonde kompetisie te kweek nie, maar moedig hierdie einste toernooie ook die samewerking en goeie sportmanskap aan onder ons leerders. Ons fokus op tydige uitvoering van die toernooie, sodat alle leerders gereeld kan deelneem en hul vaardighede kan verbeter. Ons afrigter gee waardevolle leiding en help om die leerders se skaakvaardighede te verbeter. By ons skool is skaak nie net ‘n spel nie; dit is ‘n geleentheid vir intellektuele groei, die ontwikkeling van sosiale vaardighede en ‘n gevoel van prestasie vir almal wat deelneem.

Toernooie vind deur die jaar plaas en ons spelers neem deel aan die verskeie proewe wat in George en in die Eden distrik aangebied word.  Verder neem ons aan Topskole deel  waar  ons Kwaggas uitnemend vaar teen skole van groot kaliber.

Ons skaak beskik oor verskillende ouderdomsgroepe

Oefeninge vind Maandae Middae direk na skool tot in met 15:15 in kamer 73 plaas.

Vir enige navrae kan Juffrou Janse van Rensburg gekontak word by kuns@outeniqua.