Muurbal

ORGANISEERDER:  Me Nicola Zandberg

AFRIGTER:  Me Carmen Venter vanaf 2023

ONDERWYSER:  Me Tarina Marx

Kwaggas is baie trots op hul muurbalspan.  Hoewel die ligawedstryde na Covid-19 steeds nie in 2022 ‘n aanvang geneem het nie, is verskeie vriendskaplike wedstryde teen onder andere Oakdale, York High en Hoërskool Punt asook groot Kaapse en Oos-Kaapse Skole soos Stellenberg en Framesby in Port Elizabeth, gespeel en was ons onoorwonne. Ons vertrou dat die liga weer in 2023 aanvang sal neem.

Kwaggamuurbal lewer jaarliks ‘n hele aantal Edenspelers, SA Plattelandspelers en ITP-spelers (NASIONALE toernooi) op.  Ian de Jager en Άine Ferreira het in 2023 ook aan die Senior Mans en Dames ITP deelgeneem, wat ‘n hoogs uitsonderlike prestasie is. Ian was die enigste skoolleerder wat deelgeneem het in die senior manstoernooi en was slegs in graad 11. Hy het al in graad 8 Nasionale kleure verwerf.

Kwaggas het dus topspelers en ons sien daarna uit om ook in 2023 ons merk te maak en in die Eeufeesjaar Hoërskool Outeniqua se naam hoog te hou.

MUURBALOEFENTYE 2023

MAANDAG: 

15:00 – 16:00       DERDE span /BEGINNERS

16:00 -17:00          EERSTE span

Kondisionering Gim: 

15:00 – 16:00        EERSTE span EN BELANGSTELLENDES soos met Mnr Lütch gereël

DINSDAG:

15:00 – 16:00       DERDE span/BEGINNERS

16:00 – 17:00       TWEEDE span

WOENSDAG: 

Kondisionering Gim:

15:00 – 16:00        EERSTE span EN BELANGSTELLENDES soos met Mnr Lütch gereël

DONDERDAG

15:00 – 16:00       EERSTE span

16:00 – 17:00       TWEEDE span