Instrumentale Ensemble

Die instrumentale ensemble is in 2021 na COVID herbou en het gegroei na die spelers wat tans deel vorm van die ensemble.  Die doel van die ensemble is om kinders te leer hoe om as ‘n groep musiek te maak – dit is ‘n vaardigheid wat slegs deur ensemblespel kan ontwikkel en vereis baie toewyding en oefening.  Dit is uiteindelik ‘n plek waar leerders veilig voel, waar hul talente uitgeleef en waardeer word.

Ons neem jaarliks deel aan die Tygerberg Internasionale Eisrteddfod in Kaapstad waar ons in die verlede 2 keer die wenner van die Ensemble kategorie was.  Hiermee word ‘n uitnodiging na die Gala-aand toegeken.  Hierdie jaar (2024) skryf ons ook in vir die Rustenburg Girl’s High Ensemble Kompetisie wat ook in Kaapstad gehou word.

Die Ensemble is ook Goud presteerders (90+) en trofee wenners van die MMADD fees in Montagu (2023).

Ons is al geborg deur leerders se ouers, ondersteuners wat anoniem wil bly en PNA.

Onder leiding van:   Mnr Rian Smit

 Oefentye:                   Maandae, Dinsdae en Vrydae voor skool.

 Leerders betrokke:

Larah Isabel Gerber               –          Eerste fluit (hoof)

Janique Ciarah Meiring         –          Tweede fluit

Muller Lourens                     –          Derde fluit/Vierde fluit

Xaney Janse van Rensburg    –          Derde fluit/Vierde fluit

Mia Steenkamp                      –          Klarinet

Pieter Winterbach                  –          Eufonium 1

Daniël Brink                          –          Eufonium 2

Mialida van Leeuwen            –          Klavier

Ané Prins                               –          Tjello

 

Oefenlokaal:             Mnr Rian Smit se Klas