Nota van die regisseur
My pad saam met High School Musical: On Stage
Betrokkenheid by teaterkuns was nog altyd vir my ‘n plesier. As ‘n uitgesproke “kultuurdier” moet ek sê dat om deel te wees van die gewaardeerde span verhoogwerkers wat alles sal doen om te swoeg en te sweet om die menswees stories van ons samelewing vrylik te laat leef, is iets wat ek absoluut geniet.
Nooit het ek ooit verwag dat hierdie produksie van Disney’s High School Musical: On stage, my tot die uiterste sou uitdaag nie. Die dag wat die eerste e-pos aan DALRO gestuur is om die uitvoerregte te kry, en elke tree nader aan die openingsaand, was een groot tuimeltreinervaring. ‘We were never ready!’
Hierdie proses was meer as net ‘n uitvoerende kunste projek om ‘n musiekblyspel op die planke te sit; dit was ‘n reis van persoonlike groei, vaardigheidsontwikkeling en die skep van ‘n samehorigheidsgevoel onder ‘n handjievol leerders, onderwysers, ouers en die breër skoolgemeenskap.
Die afgelope paar maande het ek ‘n paar waardevolle lewenslesse geleer wat ek graag wil deel.
“We’re all in this together’’
Dit is nie maklik nie. Dit was nog nooit maklik nie, maar spanwerk en kommunikasie is die hoeksteen van enige suksesvolle projek. Ek het soveel waardering vir die vakkennis, kreatiwiteit en helpende hande van onderwysers, ouers en leerders sonder wie ons nooit hierdie produksie sou kon doen nie.
Noukeurige beplanning, organisasie en aandag aan detail is oogmerke wat die produksieproses soos ‘n goed ge-oliede masjien laat werk het. Van die skedulering van repetisies tot die koördinering van kostuums en rekwisiete, het ek geleer hoe belangrik dit is om tyd doeltreffend te bestuur. ‘’’Shoutout’’ aan juffroue Alda Claassen, Leané Kotzé, Dania Ackerman en Ylandi Raath vir die dinamiese wyse waarop dinge gedoen is. Julle is ysters!
‘’Getcha head in the game”
Elke afrigter en leerder is daagliks uitgedaag om te midde van ‘n besige skoolprogram, ekstra klasse, sportoefeninge, kultuurbedrywighede en familieverpligtinge, die fisiese en emosionele veeleisendheid van die musiekblyspel die hoof te bied. Ek het daagliks toegekyk hoe leerders en onderwysers veerkragtigheid ontwikkel in die aangesig van uitdagende situasies. Erkenning word aan diegene gegee wat moeilike choreografie kon bemeester en verhoogvrees kon oorkom. Spesiale melding moet gemaak word van die orkes en koor wat al daardie moeilike musiekverwerkings moes leer!
Dinge het ook nie altyd volgens plan verloop nie. Ek was gedwing om vele male op my voete te dink en kreatiewe oplossings vir onverwagte probleme te vind. Hier moet ek my hoed afhaal vir juffrou Karin Netley en meneer Wehan van Jaarsveld wat net weet hoe om te..! Dit het my verder bewus gemaak van die feit dat mens eienaarskap moet neem van jou verpligtinge om dinge seepglad te laat verloop.
“Breaking Free”
Om voor ‘n gehoor op te tree kan senutergend wees, maar dit bou ook selfvertroue. Hierdie produksie het aan elkeen ‘n geleentheid gebied om deur repetisies en optredes vertroue in hul vermoëns te ontwikkel en op te hou twyfel aan dit wat moontlik is. Soos ek altyd sê, “Jy KAN as jy WIL.”
Teater laat ‘n mens toe om in die skoene van verskillende karakters te tree en hul gedagtes, gevoelens en ervarings te verken. Dit kweek empatie en help ‘n mens om ‘n groter begrip vir ander te ontwikkel. Ek het soveel geleer van ons leerders en die realiteite wat hulle daagliks in die gesig staar en dat ons die diversiteit van ons gemeenskap moet waardeer en omhels, sodat ons mekaar met inklusiewe harte kan aanvaar.
En so is my siel verkwik deur die ervaring. Wil ek dit gou weer doen? Nee, nie sommer nie, maar glo my, hierdie is ‘n hoofstuk wat ek diep gaan bêre.
Lynette Petersen
HIGH SCHOOL MUSICAL
Produksielys
Produksiebestuur | Lynette Petersen, Alda Claassen |
Regie | Dania Ackermann |
Musiek Regie | Alda Claassen, Karin Netley |
Orkes | Rian Smit, Lynette Petersen, Kobie Liebenberg-Smit |
Verwerkings | Cornel Engelbrecht |
Choreografie | Wehan van Jaarsveld |
Stelontwerp | Ylandi Raath |
Rekwisiete-span | Marni Acker, Flippie Botha, Etrecia du Preez, Tanea de Swart,
Vanessa du Toit, Heidi Erasmus, Caroline Jordaan, Surene Lombaard, Elna Pretorius, Marilize Janse van Rensburg |
Klank en Beligting | Christo van Staden |
Kostuums | Izelle Bester, Elrinda van der Schyff |
Hare & Grimering | Kleio Coetzee, Elishaén Smit, Sumari van Biljon,
Mieke van den Bergh |
Verhoogbestuurder | Leané Kotze |
Verhoogspan | Noah Thorne, Inneke Meyer
Johannes Brink, Ruart Curlewis, Yvonne de Villiers, Roselle Duvenhage, Jenna Harper, Tristan Kitching, Ludwig Lötter, Emma Lutsch, Quintus Lutsch, Andrew Stopforth, Zoë Truter, Toiné van Heerden, Emmie Wannenburg |
Programontwerp | Wiets Steyn, Tanea de Swart |
Bemarking | Berneen Müller |
Fotografie | Anine Koch Photography |
Videografie | Chandré Swanepoel |
Foyer Personeel | Jeandré August, Reshaan Damans, Amandus de Jager,
Hannes de Lange, Hylie Dippenaar, Charl du Plessis, Jac du Plessis, Nicolaas Duvenage, Dené Edwards, Keagan Eveleigh, Migael Fick, Tristan Kitching, Ivan Koen, Ellie Meyer, Mia Neethling, Ankia Paulsen, Luca Potgieter, Francesca Rossouw, Ruben Rossouw, Ray-Jordan Schoeman, Thomas Smook, Favian Swart, Cayden Williams |
Deelnemerslys
HOOFROLLE | |
Gabriella Montez | Jasmin Arries |
Troy Bolton | Henco Bester |
Sharpay Evans | Lujah Diedericks |
Ryan Evans | Jody Thorne |
Taylor McKessie | Sharonique Petersen |
Chad Danforth | Algero Kaars |
ONDERSTEUNINGSROLLE | |
Jack Scott | Ethan-John Vaas |
Zeke Baylor | Ackim Sheldon |
Ms Darbus | Alana Jansen |
Coach Bolton | Heinrich Goedhals |
Kelsi Neilson | Suzanne Meiring |
Martha Cox | Jose-phine von Solms |
Ms Tenny | Annemy van Rooyen |
Susan | Mignon Naudé |
Cathy | Kayla Vreken |
Alan | Reyan Hendrickz |
Claude | Willem Breytenbach |
James | Daniël Swart |
Jim & Josh | Luca & Marco Piek |
Performing Arts kid 1 | Lishé Gerber |
Performing Arts kid 2 | Kara Williams |
Performing Arts kid 3 | Zoë Gelderbloem |
Ripper | Nina du Plessis |
Mongo | Micke Janse van Rensburg |
Kratnoff | Michelle Viviers |
Jocks | |
Carla Cloete
Annette Grobbelaar Janco du Plooy Brandon Prinsloo Daniël Roodt Chris van Zyl |
|
Thespians | |
Lanethea Jaars
Georgia Stuurman Niké Steyn Zani Vermeulen
Cast 1 Anja Botes Dané Botha Tyriné Bruintjies Mia Mengel Inge Schröter Jozelle Swart June Swart Lehanri van der Walt Cast 2 Chrisné Bernardo Nicole Conradie Chrislyn Eddy Amelie Malan Unay Smit Vicky Steyn Marize Theart Chantalle Haily van Biljon |
|
Brainiacs | |
Anri Elliott
Michelle Viviers Cast 1 Chrisné Bernardo Nicole Conradie Chrislyn Eddy Amelie Malan Unay Smit Vicky Steyn Marize Theart Chantalle Haily van Biljon Cast 2 Anja Botes Dané Botha Tyriné Bruintjies Mia Mengel Inge Schröter Jozelle Swart June Swart Lehanri van der Walt |
|
Skater Dudes | |
Christel Geldenhuys
Inge Gerber |
|
Wildcats Cheerleaders | |
Cara Beetge
Marizé Bothma Anelda de Klerk Johanli Grobbelaar Shani Jacobs Louisan (Lolla) Joubert Anri Knell Karah Morkel Karli Nell Zoë Pretorius Lizané van Heerden Mila van Niekerk Yöhke van Niekerk Leanke Visser Jani Westerhuis |
Orkes | |
Fluit 1
Fluit 2 Klarinet Saksofoon 1 Saksofoon 2 Saksofoon 3 Trompet Eufonium Tromboon Klawerbord 1 Klawerbord 2 Elektriese kitaar 1 Elektriese kitaar 2 Baskitaar Dromme |
Larah Gerber
Janique Meiring Mia Steenkamp Coert van Sandwyk Minke van Zyl Sefas Rademan Daniel Brink Pieter Winterbach Marnu van Sandwyk Kobie Liebenberg-Smit Lynette Petersen Jean du Plessis Nico Gertenbach Logan Jantjies Ryan Munro |