Die Hoërskool Outeniqua is in 1923, aan die voet van die trotse Outeniquaberge gestig. Die roemryke skool bied ‘n gebalanseerde opvoeding aan elkeen van sy meer as 1600 leerders. Die volgende waardes moet in die saal, in die klas, op die sportveld en op die kultuurakker beskerm en gekweek word en deur opvoeders uitgeleef word: integriteit, lojaliteit, respek, eerlikheid, diensbaarheid, vriendelikheid en betroubaarheid.