Die grond beweeg en die masjiene brul. ons droom vir βn splinternuwe multifunksionele sentrum neem dag vir dag meer vorm aan!
Die afgelope paar weke is reuse vordering gemaak:
Elke laag grond wat verskuif word, bring ons βn tree nader aan βn ruimte wat die kwaggaβgemeenskap, ons sport, kultuur en skoolgeleenthede vir jare gaan dien.
Dankie aan almal wat hierdie projek ondersteun β borge, ouers, oudβleerders en vriende van Outeniqua. Julle maak dit moontlik om βn nalatenskap te bou wat veel groter is as net bakstene.
Hou hierdie ruimte dopβ¦ die beste lΓͺ nog voor! 

